Finansies

Koste van erfgrond

Vraag

'n Erfgenaam van grond - wat op die oomblik aan haar ma behoort - vra watter kostes is betrokke om die grond op haar naam te kry.

Antwoord

Vraag:
Ek is die erfgenaam van ‘n stukkie grond wat op die oomblik aan my ma behoort. Watter kostes is betrokke om die grond op my naam te kry? Gaan dit nie dalk beter wees om die grond nou by haar te "koop" nie of moet ek wag met die oordrag tot ná haar dood? Leonie

Antwoord: <br
Die koste van grondoordrag is onderhewig aan 'n paar faktore. Dit sal eerstens afhang of jy of jou ma vir BTW geregistreer is.


By die koop van grond is daar óf hereregte óf BTW betaalbaar, maar nie al twee nie. Die bepalende faktor is of die verkoper vir BTW geregistreer is of nie. As die verkoper vir BTW geregistreer is, is daar BTW deur die koper betaalbaar. Indien nie, moet die koper hereregte betaal.

Indien die koper vir BTW geregistreer is kan hy die BTW wat hy betaal het, terugeis. Indien hy hereregte betaal het kan hy die hereregte as ‘n geagte BTW terugeis, beperk tot die bedrag gelykstaande aan die hereregte, mits die koper ten volle vir die grond betaal is. Betaling sluit in as die koper by Landbank geld geleen het en die verkoper ten volle betaal het. Geagte hereregte kan egter nie geëis word as die verkoper ‘n lening aan die die koper vir ‘n gedeelte van die koopsom voorsien nie. Bo en behalwe BTW of hereregte moet daar nog oordragkoste aan die prokureur ook betaal word.

Die kwessie van nou die plaas oordra of by haar afsterwe sal afhang of daar nou kontant beskikbaar is om dit te doen en of daar dalk ‘n polis gaan uitbetaal by afsterwe. As daar nou reeds geld beskikbaar is om die oordrag te finansier kan dit maar nou gedoen word. Indien nie, moet daar gewag word totdat die boedel hopelik kontant genereer om die oordragkoste mee te kan betaal.

Dr. Philip Theunissen www.computus.info

26 April 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X