Finansies

Koste betrokke by koop van plaas

Vraag

Ek beplan om eersdaags 'n plaas te koop. Watter koste (buiten hereregte) is van toepassing? Is BTW betaalbaar?

Antwoord

Vraag:
Ek beplan om eersdaags ‘n plaas te koop. Watter koste (buiten hereregte) is van toepassing? Is BTW betaalbaar? Indien wel – kan ek (my BK, trust of maatskappy) vir BTW registreer net voor die koop en dit terugeis? Wanneer is BTW nie van toepassing nie? Is dit van toepassing op ‘n lopende saak? Hoe word dit vasgestel? Is die insluiting van bv net 100 skape voldoende? – Johan Schoeman (jhschoeman@yahoo.com)

Antwoord:

By die aankoop van grond is óf hereregte óf BTW betaalbaar, maar nie al twee nie. Die bepalende faktor is of die verkoper vir BTW geregistreer is of nie. As die verkoper vir BTW geregistreer is, is BTW deur die koper betaalbaar. Indien nie, moet die koper hereregte betaal.

Indien die koper vir BTW geregistreer is kan hy die BTW wat hy betaal het terugeis. Indien hy hereregte betaal het, kan hy die hereregte as ‘n geagte BTW terugeis, beperk tot die bedrag gelykstaande aan die hereregte, mits die koper ten volle vir die grond betaal is.

Betaling sluit in as die koper by die Land Bank geld geleen het en die verkoper ten volle betaal het. Geagte hereregte kan egter nie geëis word as die verkoper ‘n lening aan die die koper vir ‘n gedeelte van die koopsom voorsien nie. Wanneer iemand dit dus oorweeg om grond te koop, of dit nou persoonlik, in ‘n trust, ‘n beslote korporasie (BK) of ‘n maatskappy is, moet hy vir BTW registreer voordat hy die grond koop, sodat hy die BTW of hereregte kan terugeis.

Met betrekking tot ‘n lopende saak kan die transaksie as ‘n nulkoerstransaksie beskou word as:

  • Beide die koper en die verkoper vir BTW geregistreer is.
  • Al twee op skrif ooreenkom dat die besigheid, of ‘n gedeelte daarvan, as ‘n lopende saak verkoop en voortgesit sal word.
  • Die besigheid inkomstegenererende werksaamhede beoefen.

    Daar moet dus ‘n duidelike intensie wees dat die besigheid op normale wyse sal voortgaan om as ‘n lopende saak te kwalifiseer. Om net twee skape en ‘n perd by die transaksie in te sluit, sal dus nie werk nie.

  • Dr. Philip Theunissen is ‘n landbou-ekonoom en voorsitter van Computus Bestuursburo op Bethlehem.

    4 Junie 2005


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X