Koop van plaas in trust of privaat?
Vraag
Hi daar: Wat is die beste? Om 'n plaas in 'n trust se naam te koop, of privaat? Trust sal 'n lening moet maak dan.Antwoord
Ek is baie huiwerig om vir jou ‘n kort Ja of Nee te gee. My geneigdheid sal wees om ‘n trust aan te beveel maar dit gaan baie van jou persoonlike omstandighede afhang en ook wat jou planne ten opsigte van erfopvolging met die plaas is. Hou Landbouweekblad dop. Daar kom binnekort ‘n redelik omvattende artikel oor trusts wat vir jou meer duidelikheid sal gee.
* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.
29 November 2016
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans