Koop plaas met voerkraal vir skape
Vraag
Ons koop 'n plaas met skaapvoerkrale op. Ons wil net graag weet ons produseer ons eie lusern en mielies wat ons kan gebruik vir voer? 1. Wat sal jy aanbeveel, moet ons aangaan met voerkraal? 2. Moet ons aangeplante weiding doen? Ons beoog om met 1 200 ooie te boer in die Barkley-Wes omgewing. Sal bly wees as jy ons met raad kan bedien.Antwoord
Dit is onmoontlik om ‘n klinklare antwoord op jou vrae te gee sonder om ‘n behoorlike kontantvloei op te stel. Wat ek wel kan sê is dat ‘n voerkraal heel waarskylik baie goed sal werk as jy jou eie voer, in watter vorm ookal, self kan produseer en veral ook as jy jou eie aanteel kan voer. Neem net in aanmerking dat voerkrale heelwat bedryfskapitaal opneem wat jou kontantvloei by tye onder druk kan sit.
* Geskryf deur dr. Philip Theunissen
Gesels gerus met Koetoe Botha, Jerued Boran en Dormer, by koetoe@jerued.co.za en 0836266698