Finansies

Kontantvloei en lae melkprys

Vraag

'n Leser vra hoe kan hulle die finansies in hul melkboerdery verbeter?

Antwoord

Vraag:
Dinge is moeilik op die oomblik met die lae melkprys en die kontantvloei lyk baie sleg. Het iemand raad hoe om die finansies te verbeter? Ons het met verskillende banke gesels maar hulle stel nie belang om te help nie. Hulle stel almal voor ons verkoop die kudde. Ons melk 131 koeie, net buitekant Pietermaritzburg en ons melkkoper is Clover. Ons het geen vertakkings nie. Ons produseer omtrent 720 000 liters per jaar waarvan ons omtrent 60 000 liters privaat verkoop/kallers voed/weggooi. Ons het nogal probleme met die politiek en ons werkers. Die ANC is baie aktief hierso, en ons sukkel om werkers to vind om te melk. Ons het 150 koeie gemelk, maar in die laaste 2 maande het ons baie verloor aan rooiwater, sabotasie, siektes. – Carol (bucklands@lantic.net)

Antwoord:
Boerderye ondervind soms ‘n tekort aan kontant en die boer kom dit eers agter wanneer hy nie sy onmiddelike verpligtinge kan nakom nie. Dit kan die gevolg van ‘n korttermyn-probleem wees, soos ‘n eenmalige swak oes, maar dit kan ook voortspruit uit ‘n ernstige onderliggende probleem binne die boerdery wat die kontant reserwe oor die lang termyn gaan affekteer.

Die boer moet homself dadelik die volgende vrae afvra:
 

  • Het die tekort aan kontant die potensiaal om die boerdery se ondergang te veroorsaak?
     
  • Gaan die huidige tekort aan kontant ‘n wyle voortduur of gaan dit binnekort herstel?
     
  • As dit gaan voort duur, hoe ernstig gaan die tekort aan kontant wees?
     
  • Wat is die oorsake van die tekort aan kontant?
     
  • Watter stappe kan geneem word om die probleem reg te stel?

    Jou produksie (liter/koei/dag) stem ooreen met aanvaarbare norme. Jou ekonomie van skaal (koeie in melk) is ook aanvaarbaar hoewel julle dalk meer koeie in melk kan hê maar as jy reeds melk moet weggooi gaan dit nie help om meer koeie te melk nie. Jou probleem moet dus op een van twee ander plekke gesoek word. Jou vaste koste kan te hoog wees omdat jy dalk te hoë paaiemente moet betaal maar my vermoede is eerder dat jou arbeidsprobleem die grootste negatiewe faktor is.

    My raad sal dus ook wees dat jy jou boerdery moet verskuif na ‘n arbeidsvriendelike omgewing of dat jy na ‘n alternatiewe vertakking oorskakel wat jou nie so kwesbaar vir arbeid maak nie. Altwee voorstelle is egter makliker gesê as gedaan en het ‘n drastiese ekonomiese en maatskaplike uitwerking op jou boerdery.

     

  • Kontak dr. Philip Theunissen by www.computus.info

    7 April 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X