Finansies

Kan mens winsgewend boer op 10ha?

Vraag

Ek het tans 1 x 10ha kamp tot my beskikking. Genoegsame water vir diere, maar nie vir lusern of iets soortgelyk wat baie water benodig nie. Ek kan ook slegs naweke soontoe gaan want ek werk voltyds. Daar is betroubare werkers op die plaas tot my bekikking, maar hulle eerste prioriteit sal die hoofplaas wees. Drakrag is tans 12ha/bees. Kan mens winsgewend intensief boer met Dorpers volgens Mamre Dormers se handleiding op 10ha? Daar is 1 groenvoer eenheid ook tot my beskikking wat 75x10kg blokke 3 keer per week produseer. Hoeveel skaap sal mens in so 'n stelsel kan aanhou met die groenvoer as ekstra voeding met die 10ha veld weiding. Het al oorweeg om 1 ha op 'n slag te omskep in 1 tipe boerdery bv groente, dan uit die winste, 1ha hoenders, en sodoende oor 'n tydperk die hele 10ha omskep in 'n mini algemene boerdery met iets van als wat ons familie selfvoorsienend kan maak. Enige ander voorstelle wat winsgewend op die 10ha bedryf kan word sal ter harte waardeer word.

Antwoord

10 ha is baie klein om ekstensief op te boer. 12 ha per bees gee jou effektief 5 skape op 10 ha. Uiteraard kan jy die drakrag verhoog met die groenvoer tot jou beskikking. Jy sal waarskylik na ‘n intensiewe skaapboerdery kan kyk maar hou twee goed in gedagte: dit is baie meer arbeidsintensief en jy sal ook heelwat voer moet inkoop. Dit is wel ‘n opsie en daar is heelwat mense wat nou na hoogs intensiewe skaapboerdery beweeg. Google maar net Manie & Karin Wessels se Mamre Dormers.

Of dié video oor mnr. Derick Lategan van van Broederstroom in Noordwes, wat woeker met 500 Vleismerino’s op 5 ha.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.

20 Oktober 2016


Kommentaar

Een kommentaar op “Kan mens winsgewend boer op 10ha?

  1. Maarten Kruger
    Maarten Kruger

    Ek wil ‘n voorstel maak.
    Vergeet van Karin en Manie en Derick.
    Miskien kan LWB vir ons name kry van boere wat dit suksevol gedoen het met al die state om dit te toon.
    Karin en Derick se albei dat hulle wins maak omdat hulle, hulle eie markte geskep het en goeie pryse kry.
    Maar in albei die gevalle as jy na die syfers kyk is daar aspekte wat hulle nie in berekening gebring het nie wat die winste baie anders sou laat lyk het.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X