Finansies

Kan melkery winsgewend wees?

Vraag

'n Skaapboer oorweeg dit om 'n melkery oor te neem, maar vra eers raad by 'n kundige.

Antwoord

Vraag:
Ek boer tans met skape maar het nou die geleentheid om ‘n melkery oor te neem. Wat is die tipe winsgrens per liter melk waarna jy kyk en is melkboerdery nog winsgewend genoeg om so-iets aan te pak? – GJ (skaapboer@hotmail.com)

Antwoord:
Enige vertakking kan winsgewend wees mits ‘n mens jou hupbronne reg gebruik en jou koste onder beheer hou. Melk se wins is tans onder druk omdat melkpryse afwaarts en nie opwaarts beweeg het die afgelope tyd.

Die probleem met melk is dat die boer nie vinnig by veranderde omstandighede kan aanpas nie. ‘n Groot deel van melk se koste is vas want daar moet ‘n stal met ‘n melkmasjien en tenks wees ongeag hoeveel koeie gemelk moet word.

Dit beteken dat melk ‘n hoë ekonomie van skaal het en volgens my moet jy ongeveer 150 koeie in melk hê om die ekonomie van skaal te regverdig.

Daarteenoor is skape se vaste koste baie laag en is die ekonomie van skaal ook klein. Skape het ‘n goeie omsetsnelheid en die pryse is tans baie goed uit ‘n boer se oogpunt. Vanaf dek tot speen is minder as twaalf maande en kan die kapitaal dus gouer vergoed word. My eerlike opinie is dat jy by skape moet bly en dit geleidelik moet uitbrei. Buiten die finansiële voordele hoef jy dan ook nie so vroeg op te staan in die oggend nie.

 

  • Dr Philip Theunissen, www.computus.info

    27 Julie 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X