Finansies

Hoe werk die ekonomie?

Vraag

Ek wil graag weet hoe die ekonomie werk ten opsigte van rentekoerse en groei.

Antwoord

Vraag:
Ek wil graag weet hoe die ekonomie werk ten opsigte van rentekoerse en groei. Hoekom moet die repokoers 7 % wees as die inflasie koers 4,5 % is? Hoekom kan die repokoers nie 5 % wees nie en hoekom moet banke se uitlee koers 10,5 % wees en nie slegs 2 % bo die repo nie? Hoe word groei in die ekonomie bepaal? Is daar werklik kapitale groei as mense meer skuld maak omdat rentekoerse laer is? Geldomset is hoër maar is daar meer werksgeleenthede omdat die ekonomie groei- Theo la Grange (theolg@telkomsa.net)

Antwoord:

Ek sal my bes probeer om Ekonomie I so kort as moontlik aan jou te verduidelik. Rente is die koste van geld. Jy koop R1,00 nou om R1,10 in die toekoms terug te betaal teen ‘n rentekoers van 10 %. Daarteenoor is inflasie die koers waarteen geld se waarde minder raak teen ander lande se geldeenhede. Dus is inflasie amper dieselfde as die depressiasie van geld. Daarom hou ‘n rentekoers wat gelykstaande is aan die inflasiekoers bloot net die geld se waarde in stand en word daar geen koste verhaal nie. Gevolglik móét enige rentekoers ten minste hoër wees as die inflasiekoers om die koste van die uitgeleende geld te kan dek.

Boere, en ander mense, leen geld by die handelsbanke. Die banke kan nie al hierdie geld deur middel van beleggings bymekaar kry nie. Daarom leen hulle op húlle beurt weer geld by die Reserwebank. Die rentekoers waarteen hulle die geld by die Reserwebank leen is die repokoers. Die handelsbanke voeg nou hierby ‘n marge om hulle eie koste en risiko te dek en dan kom ons by die prima koers uit. Die feit dat dit 3 % bo die repokoers is, is maar die minimum waar die handelsbanke onderling met mekaar kan meeding. Laer as dit sal waarskynlik tot verliese vir die banke lei.

Ekonomiese groei is die toename in die Bruto Binnelandse Produk (BBP) van die land vanaf een jaar tot ‘n volgende. Dit is die land se bruto inkomste en is gelykstaande aan ‘n boer wat verlede jaar R1 miljoen se bruto inkomste gehad het en vanjaar R1,05 miljoen. Die boer se bruto inkomste het dus met 5 % gegroei. Ekonomiese groei is dus nie kapitaalgroei nie en daarom kan daar groei wees al is daar meer skuld. Die groei sal wel beïnvloed word as daar te veel skuld terug betaal moet word. Wanneer ‘n land te veel skuld aangaan, styg sy inflasiekoers en moet sy rentekoerse dus styg.

Werksgeleenthede hou nie noodwendig verband met ekonomiese groei nie maar as ‘n boer se bruto inkomste styg, gaan hy dalk grond by huur of meer beeste koop. Dan het hy weer meer werkers nodig en daarom is die gevolg gewoonlik dat werksgeleenthede toeneem as die ekonomie groei.

  • Dr. Philip Theunissen is ‘n landbou-ekonoom op Bethlehem. Besoek sy webwerf by: www.computus.info

    3 Maart 2006


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X