Finansies

Eskalasie-formule vir grond

Vraag

'n Jong man boer my plaas en ek wil hom die opsie gee om dit te koop as ek sterf. Die plaas is gewaardeer en beide van ons is gemaklik met die huidige waardasiewaarde. Ons soek 'n eskalasie-formule wat tendense t.o.v. plaaspryse in die Wes-Kaap in ag neem om te bepaal wat hy my erfgename moet betaal sou hy die opsie ná my afsterwe uitoefen. Ons wil nie weer die plaas waardeer as hy die opsie uitoefen nie want hy bring intussen ingevolge 'n voorwaarde kontrak verbeterings op sy koste aan wat die waarde verhoog. Wat se eskalasie-formule sou u aanbeveel?

Antwoord

Dit is uiters moeilik om ‘n eskalasiekoers vir landbougrond vas te stel, veral vir die Wes-Kaap waarvan ek geen ondervinding het nie. Die afgelope 10 jaar het plase in die Vrystaat se pryse met ongeveer 100% per jaar gestyg maar my vermoede is dat die droogte dalk vir eers die stygings gaan beperk. My voorstel sou eerder wees dat die plaas nou reeds teen ‘n leningsrekening aan die jongman oorgedra word waarop daar dan jaarliks ‘n rente teen primakoers bygevoeg word. Dan betaal hy die uitstaande kapitaal terug aan jou boedel en koop nie die plaas uit die boedel nie.

* Geskryf deur dr Philip Theunissen van Computus, Bethlehem (philip@computus.co.za)

26 Julie 2016


Kommentaar

Kommentaar (2) “Eskalasie-formule vir grond

  1. Chris
    Chris

    Verstaan nie konsep nie, hkm nie nou verkoop en eienaar registreer eertste verband nie?

  2. Jan Bezuidenhout

    Dr. Philip Theunissen antwoord:
    Dit is in wese wat ek ook hierbo voorstel. Die “verkoper” kan uiteraard net sy posisie verder verstewig met ‘n verband op die leningsrekening.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X