Finansies

‘Ek huur ‘n plaas, wil dit nou koop’

Vraag

Ek bied eko-programme aan toeriste op 'n wildplaas wat ek huur, maar wil dalk die plaas koop.

Antwoord

Vraag:
Ek bied eko-programme aan toeriste op ‘n wildplaas wat ek huur, maar het tans baie onsekerheid aangesien dit lyk of die eienaar insolvent verklaar gaan word. My netto winsgrens is R150 000 per maand en ek het reeds R400 000 se besprekings vir elk van die volgende ses maande. Ek wil nou dié plaas of ‘n ander plaas koop. Waar begin ek en na wie gaan ek met my probleem? – Arno Victor (victorac@wbs.co.za)

Antwoord:

Huur gaan voor koop. Dit beteken dat die huurkontrak eers sy termyn moet uitdien al word die plaas verkoop. Die nuwe koper kan dus niks op die plaas doen nie behalwe dat die huurgeld hom nou toekom en jy moet ten minste dus jou huurtermyn kan uitdien. Ná verstryking van die huurkontrak kan die nuwe eienaar weier om dit weer te hernu. Dit is nou as daar ‘n skriftelike huurkontrak opgestel is. ‘n Mondelinge huurooreenkoms is na regte ook geldig maar dit sal baie moeilik bewys kan word, veral in ‘n geval van sekwestrasie.

Dit is nie seker of die huidige eienaar reeds in die proses van sekwestrasie is nie. Indien wel, sal daar ‘n prokureur wees wat as kurator optree en sal jy alle onderhandelings met hom moet doen. Jy kan dan aan hom ‘n aanbod vir die grond maak, waarop hy kan besluit of hy dit gaan aanvaar en of hy die grond gaan opveil. As die sekwestrasie nog nie begin is nie kan jy aan die eienaar ‘n aanbod maak. Maak egter meer as dubbeld seker dat sy skuldeiesers, veral dié wat verbande op die grond het, weet jy het ‘n aanbod gemaak en moenie in enige duistere transaksies betrokke raak nie. Die versoeking is groot vir geld onder deur die tafel vir persone wat ‘n sekwestrasie in die gesig staar.

Wat jy ook al doen, moet jy in hierdie geval altyd ‘n prokureur byderhand hê. Die paar rand wat hy jou gaan vra kan jou baie trane en verdriet vorentoe spaar. Die ou gesegde van benoude katte wat benoude spronge maak, geld beslis in gevalle waar finansiële probleme wit in die blom is.

  • Dr. Philip Theunissen is ‘n landbou-ekonoom. Besoek sy webblad by www.computus.info

    6 Maart 2006


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X