Finansies

BK-plaas afbetaal. Hoe gemaak in boedel?

Vraag

Ons plaas is klaar afbetaal maar is in ʼn BK. My ma is die eienaar. As sy iets sou oorkom in die verre toekoms, hoe gaan dit die boedel raak as daar geen skuld is op die plaas nie?

Antwoord

Jy het nie rede tot kommer nie. Die BK vereenvoudig die boedelproses aansienlik. Net die BK se belang is deel van jou ma se boedel en ook net die netto waarde daarvan. Dit word bepaal deur Bates – Laste. In dié geval is daar nie laste nie. So die netto waarde gaan dan basies uit die plaas se waarde bestaan. Hierdie netto waarde word dan in die boedel gebring en daarop sal daar dan kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting bereken word. Die BK gaan normaal voort met sy bankrekening, met sy SARS-nommers en jou ma se testament sal net bepaal wie haar belang daarin gaan erf. Die belang kan volgens die testament dan in enige verhouding aan die erfgename toegeken word: gelykop of 50/25/25 of 100% aan een persoon, wat ook al haar wens is. Die erfgename is dan die nuwe eienaars van die BK se ledebelang terwyl die BK as entiteit normaal sake doen. As daar ‘n huurkontrak vir die grond is, gaan die huurkontrak dus voort asof niks gebeur het nie, totdat die termyn verstryk en ‘n nuwe kontrak aangegaan kan word.

* Geskryf deur dr. Philip Theunissen

12 Februarie 2017


Kommentaar

Kommentaar (3) “BK-plaas afbetaal. Hoe gemaak in boedel?

  1. Brakanjan
    Brakanjan

    Dankie dr. P. Theunissen vir u baie praktiese raad. Ek glo baie sal baat vind by u mooi en praktiese advies. Ek vertrou dat u in die toekoms nog baie sulke goeie raad kan gee! Doe zo voort asb.! 😉

  2. Fanus Truter
    Fanus Truter

    Alles gaan afhang van die waarde van plaas. As plaas R10 mil werd is kan daar moontlik boedelbelasting van R1,3 miljoen betaalbaar wees asook eksekuteursvergoeding van R350 000.00.

  3. Yolanda
    Yolanda

    Baie dankie vir die raad.
    Ek het altyd gewonder. Kan nuwe lede nie aangeteken word en as een lid dan tot sterwe kom die belasting verpligting minder maak nie?
    Groete
    Yolanda


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X