Finansies

Belasting op belasting?

Vraag

Is Kapitaalwinsbelasting betaalbaar indien daar bv. boedelbelasting betaalbaar is? Belasting op belasting?

Antwoord

Vraag:
Is Kapitaalwinsbelasting betaalbaar indien daar bv. boedelbelasting betaalbaar is? Belasting op belasting? – Pine Pienaar (pinepienaar@intekom.co.za)

Antwoord:

Die kort antwoord is "Ja!", maar hier is die lang antwoord:

Bestorwe boedels is ook aan Kapitaalwinsbelasting (KWB) onderhewig. By afsterwe word die eiendom teen markwaarde waardeer en dit word geag die verkoopwaarde van die eiendom te wees. Met die instelling van KWB het die Minister van Finansies die boedelbelastingkoers vanaf 25 % tot 20 % verlaag om vir die ekstra las van KWB te kompenseer. Verder is die korting op KWB in geval van afsterwe R50 000 en nie die normale R10 000 nie. Die interaksie tussen KWB en boedelbelasting kan soos volg verduidelik word:

Tant Johanna is ‘n weduwee en het geen skuld nie maar besit ‘n woonhuis ter waarde van R750 000, ‘n motorvoertuig van R200 000, persoonlike bates van R650 000 en haar woonstel by Margate wat sy vir R500 000 gekoop het maar wat nou vir R1,5 miljoen verkoop gaan word. Haar marginale inkomstebelastingkoers in die jaar van afsterwe is 32 %.

Die primêre woonhuis, haar motorvoertuig en die persoonlike bates is ingevolge die wet vrygestel van KWB. Die tweede woning in Margate is wel aan KWB onderhewig. Dit word soos volg bereken:

Verkoopswaarde R1 500 000
Minus basiskoste R 500 000
= R1 000 000
Minus KWB-korting R 50 000
= Kapitale wins R 950 000
Belasbare gedeelte (25 %) R 273 500

Die bedrag van R273 500 word nou by Tant Johanna se gewone belasbare inkomste getel en teen 32 % (haar marginale koers) belas. Die belasting daarop is R76 000.

Haar boedelbelasting word soos volg bereken:
Woonhuis R 750 000
Motorvoertuig R 200 000
Persoonlike bates R 650 000
Woonstel R1 500 000
Totale bates R3 100 000
Minus laste (KWB) R 76 000
Netto waarde van boedel R3 024 000
Minus boedelkorting R1 500 000
= Belasbare deel van boedel R1 524 000

Die boedelbelasting teen 20 % op die belasbare deel van die boedel is R304 800.

Haar boedel betaal in totaal dus R380 800 aan die Ontvanger. Dit is nie juis belasting op belasting nie maar eerder twee verskillende belastings. By ‘n boedel gaan die Ontvanger soveel as moontlik skep en hy gaan dit in die vorm van inkomstebelasting, BTW, boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en hereregte opeis.

  • Kontak dr. Theunissen by philip@computus.info.

    23 Augustus 2005


  • Lewer kommentaar

    Slegs in Afrikaans

    Los 'n antwoord

    Alle velde moet ingevul word.

    Teken In

    Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


    Ek het my wagwoord vergeet X

    Registreer

    Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


    X