Finansies

Aandeel in varkboerdery

Vraag

'n Leser wil weet hoe moet hy sy aandeel in 'n varkboerdery laat registreer.

Antwoord

Vraag:
Ek het op die oomblik 26 sôe en 2 bere gekoop as ‘n aandeel in ‘n varkboerdery vir ‘n gedeelte van die wins. My aandeel behoort elke jaar al hoe groter en groter te word. Ek wil graag weet hoe moet ek te werk gaan. Moet ek die besigheid registreer en dit ‘n naam gee en as ‘n besigheid bestuur en met wie praat ek daaroor? Ek het sekerlik ‘n kundige rekenmeester met boerdery agtergrond nodig? – Johannes (johannes.duplessis@implats.co.za)

Antwoord:
Wees maar altyd versigtig vir informele ooreenkomste en vennootskappe. Dit is altyd raadsaam om só ‘n besigheid in iets soos ‘n beslote korporasie te bedryf waarin elke "vennoot" dan ‘n ledebelang het. ‘n BK benodig ‘n stigtingsverklaring waarop elke lid se belang aangeteken word. Soos wat die belang verander, moet dit elke keer by die Registrateur ook aangeteken word. ‘n BK se finansiële state moet ook deur ‘n geserifiseerde rekenmeester opgestel word sodat daar nie dispute kan wees oor die korrektheid van die state nie. Wanneer die vennootskap dan eendag ontbind, moet die een die ander se belang uitkoop en die rekenmeester kan dan help om ‘n billike waarde van die belang te bepaal. Gaan kry gerus meer inligting by ‘n gesertifiseerde rekenmeester of ouditeur oor al die prosedures wat gevolg moet word.

 

  • Dr Philip Theunissen, http://www.computus.info

    6 April 2006


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X