Dierevoeding

Weiding vir intensiewe vetlamproduksie

Vraag

Ek is naby Stanford tussen Hermanus en Gansbaai. Wat moet ek saai vir weiding vir intensiewe vetlamproduksie? Daar is besproeiing wanneer dit nie reën nie.

Antwoord

Die beste manier is om die Tegniese mense van ‘n saadmaatskappy soos Agricol (021 – 9811126) te skakel dat hulle kan grondmonsters neem en op grond van die grondontledings aanbevelings kan doen watter weidingsgewasse die beste resultate sal lewer. Die beste is dat hulle vooraf ‘n voervloeibeplanning doen, wat sal verseker dat daar vir die grootste gedeelte van die jaar voldoende goeie gehalte weiding vir die skape beskikbaar is. As eenjarige gewas kan Serradella vir hierdie sanderige tipe grond of ten minste vir ‘n gedeelte van die oppervlakte oorweeg word. ‘n Ander eenjarige weidingsmengsel wat oorweeg kan word, is ‘n mengsel van 50 kg Hawer met 25 kg Eenjarige raaigras. Hawer en Serradella kan ook in ‘n mengsel geplant word om die proteïeninhoud van die weiding te verhoog. Natuurlike peulplantweiding bevorder diereprestasie. 

Vir meerjarige weidings kan ‘n 5 of 7 in 1 mengsel oorweeg word soos 25 kg Langswenkgras + 5 kg Meerjarige raaigras + 5 kg Kropaargras + 2 kg Rooiklawer + 2 kg Wit klawer, dit is 39 kg saad per hektaar. Die saadmaatskappye sal egter die beste advies in die verband kan gee.
 
Wanneer die weidings klaar gevestig is, moet met dr. Jasper Coetzee geskakel word in verband met die beste aanvulling op hierdie weiding om maksimum diereprestasie te verseker. Aangeheg is meer inligting oor slaglamproduksie op aangeplante weiding.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
15 Julie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X