Dierevoeding

Wat is die verskil tussen maxiwol en maxiblok?

Vraag

Wat is die verskil van maxiwol konsentraat 'n maxiblok en maxiwol pille asb. baie dankie.

Antwoord

Maxiwol konsentraat is ’n hoë kwaliteit lekkonsentraat vir die tuismeng van lekke, spesifiek geformuleer om Uierontwikkeling, bies en melkproduksie van ooie te stimuleer, asook wol- en veselgroei te bevorder. Dit kan gemeng word met sout om as onderhoudslek te dien, of met graan (mielies of heel kleingrane) om as lekke vir produserende diere op weidings te dien.  Maxiwol konsentraat moet nie ongemeng gevoer word nie.

Maxiwol produksiekorrels is ’n klaargemengde hoë kwaliteit lek vir skape en bokke, in korrelvorm. Dit is gereiflik om te gebruik aangesien dit nie gemeng hoef te word nie en dus arbeid beperk. Verder het dit dieslefde voordele as die Maxiwol konsentraat. Maxiblok is soortgelyk aan die Maxiwol produksiekorrels of Maxiwol Readymix, maar is in ’n blokvorm. Weer eens is geen vermenging nodig nie, en vermorsing word tot ’n minimum beperk aangesien dit in blokvorm is. Al die maxiwol produkte verseker ’n hoë inname van voedingstowwe, met klem op deurvloeiproteïen met verskeie voordele vir die reproduserende of lakterende ooi en haar lammers.   

Kontak my gerus vir meer inligting: Francois van de Vyver, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere, francois.vandevyver@tongaat.com 083 386 8378


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X