Dierevoeding

Voerpilresep vir droogte en wintermaande

Vraag

Ek het 'n pilmasjien aangeskaf om voerpille vir my vee te maak om tydens droogte en wintermaande te voer. Het u vir my dalk 'n resep vir skaap- en beesvoeding? Hoeveel en watter minerale moet ek byvoeg?

Antwoord

Afhangend van die grondstowwe beskikbaar, kan verskeie rantsoene geformuleer word wat tydens droogte of gedurende die wintermaande aan skape en beeste gevoer kan word. Die onderstaande rantsoen kan vir hierdie doeleindes gebruik word. Hierdie rantsoen bevat voldoende spoorelemente en minerale vir hierdie klas diere. Om verpilling te vergemaklik, moet die Voermol Super 18 vooraf met die mielies gemeng word en gelyktydig gemaal (± 10 mm-sif) word, voordat dit met die res van die komponente in die pilmasjien se menger gemeng word om verpil te word.

            600 kg lusern
            275 kg mielies
            120 kg Voermol Super 18
            995 kg TOTAAL
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
12 Januarie 2012

Kommentaar

Kommentaar (3) “Voerpilresep vir droogte en wintermaande

  1. JP STRYDOM
    JP STRYDOM

    Hallo,

    Graag wil ek ook net weet waar ek so ‘n pil maak masjien kan koop.

  2. Frans
    Frans

    Wat sal aanbeveling vir wild wees?Waar kan navraag gedoen word vir twedehandse pilmasjien.Dankie

  3. Johan Spangler
    Johan Spangler

    As jy kan bekostig om Hawer te saai Maart maand dan kan jy jou paar beesies in goeie winter kondiesie hou om elke middag vir hulle elkeen n goeie gerf gesnyde hawer te gee met 1kg premix 450 gemeng met 3 kg mielie semels of net skoon mielie semels of gemaalde geel meel te gee natuurlik moet daar maar n bietjie ruvoer ook wees gedurende die dag . enige ruvoer as hulle harde gras nie wil vreet spuit dit met SL 33Mollase stroop.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X