Dierevoeding

Voer van hele mielieplant vir skape

Vraag

Indien ek ‘n hele mielieplant droog afsny met ‘n voerstroper, waarmee kan ek die afgesnyde mielieplant meng om ‘n voer te maak om ooie in lamhokke mee te voer asook om ooie wat nie meer in hokke is nie mee te voer? Die mielieopbrengs is 3.5 ton/ha.

Antwoord

As duimreël bestaan die hele droë mielieplant (stoekmielies) uit 50% graan en 50% ruvoer.  Die stoekmielies kan dus teen tussen 30% en 60% in ‘n rantsoen ingesluit word afhangende van die ander grondstowwe wat  beskikbaar is. 

Sien voorbeeld vir volledige voer vir ooie in lamhokke:

                                                  kg      

            Mielieplant                       600

            Mieliemeel                       100

            Melassemeel                      80

            Voermol Maxiwol              100

            Voermol Procon33            150

                                                1 030

 

Geskryf deur: Ulrich Müller, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (ulrich.muller@tongaat.com)

 

5 Desember 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X