Dierevoeding

Voedingswaarde van aartappelskille

Vraag

Wat is die voedingswaarde van aartappelskille? Ek kan op grootmaat vars skille kry. Kan ek dit vir beeste of skape gee?

Antwoord

Op ‘n droë materiaal (DM) basis is die samestelling van vars aartappels baie na aan die van mielies.  Die probleem met vars aartappels is die hoë voginhoud van ± 75%.

Vars aartappels kan teen tussen 300kg en 500kg in ‘n voerkraalrantsoen vir beeste ingesluit word om tussen 75kg en 125kg mieliemeel te vervang.  Dit is in rantsoene sonder kuilvoer.

Ongelukkig het ek geen samestelling van aartappelskille nie.  Die skrywer is welkom om my te kontak sodat ek reëlings kan tref vir ‘n monster van die aartappelskille sodat dit ontleed kan word.

Ek vermoed die energiewaarde van skille is laer as die van vars aartappels oor die hoër veselinhoud.  Maar, die skille sal ook gebruik kan word om mieliemeel gedeeltelik te kan vervang in rantsoene vir beeste.

Groete

Ulrich Müller

Technical Manager

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Cell:  +27 (0) 83 414 5928

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com

 

19 Oktober 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X