Dierevoeding

Voeding vir rooibokke

Vraag

Ek wil graag weet wat kan ek rooibokke voer? Ons het op die oomblik heel gedroogte wit mielies, lusern en melassemeel gemaal, maar hulle is nie mal daaroor nie. Is daar iets wat ek kan bymeng?

Antwoord

Onder normale omstandighede is groen, blaarryke lusernhooi baie smaaklik en wild benut dit goed.  Indien die lusern op ‘n laat stadium bv. volblom gesny is en die hooi nog ‘n keer of wat op die land nat gereën het, is die hooi stingelrig met min blare en minder smaaklik.  Kwaliteit van lusernhooi het dus ‘n groot invloed op smaaklikheid en voedingswaarde.

Die mengverhouding vir ‘n voer  vir rooibokke is 500 kg gemaalde lusernhooi (25 mm sifgrootte), 230 kg mieliemeel, 160 kg Voermol Melassemeel, 100 kg Voermol HPK36, 10 kg sout en 5 kg Rumevite 12P.  Vir eweredige vermenging, meng eers die mieliemeel met sout en 12P en meng dan met die res van die bestanddele.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

11 Maart 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X