Dierevoeding

Voeding in lamkampe

Vraag

Wat is beter in lamkampe: 'n volvoer met adlib gemaalde lusern by, of net 'n lek met skoon gemaalde lusern adlib? Kampe is so 100mx100m.

Antwoord

Met volvoer word bedoel dat dit ‘n volledig gebalanseerde rantsoen vir die spesifieke doel is. Met ‘n volvoer is dit dus nie nodig om enigiets by te gee nie. Die volgende rantsoen word met groot sukses vir ooie 4 weke voor lam, in lamhokke en na lam gebruik:  Lusern (25mm sif gemaal) 400kg, mieliemeel 320kg, Voermol Melassemeel 80kg, Voermol Maxiwol 150kg en Voermol Procon33 50kg.  Ooie met gelykmatig oor ten minste 2 weke op die rantsoen aangepas word.

* Geskryf deur Hendrik van Pletzen, tegniese bestuurder, Voermol Voere.


Kommentaar

Kommentaar (2) “Voeding in lamkampe

  1. Anton
    Anton

    wat sal die gemiddelde inname per dag wees?

  2. Janbez

    Hendrik van Pletzen antwoord as volg: Die riglyn vir inname by eenling-ooie is 3% van hul liggaamsgewig en tweelinge 4% van liggaamsgewig.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X