Dierevoeding

Verskille tussen bran, mielies en hominy chop

Vraag

Ek is 'n student aan die UOVS en ek en een van my dosente het 'n klein bietjie verskil oor verskille tussen: Bran, Mielies en Hominy chop. Ek het gewonder of een van julle voedingkundiges asb. vir my die inligting kan gee sodat ek my kennis kan verbreed?

Antwoord

Bran:  Daar word dikwels na Bran verwys en onder Bran verstaan ek Wheaten bran of koringsemels wat sowat 15% proteïen bevat met ‘n medium energie-inhoud.

Bran kan natuurlik ook na mieliesemels verwys.  Mieliesemels is laag in energie en proteïen.

Mielies: Mielies is mielies.  Hoog in energie en laag in proteïen en word as gemaalde mielies (mieliemeel) gebruik.

Hominy Chop: In die maalproses met die vervaardiging van mieliemeel vir menslike gebruik ontstaan daar twee neweprodukte nl. mieliesemels en mieliekiem.  Die twee neweprodukte word saam gemeng en staan bekend as Hominy Chop.  Hominy Chop word op groot skaal in beesvoerkrale gebruik.

Vir skape is mielies die beter opsie.  Indien hominy chop egter heelwat goedkoper is as mielies kan tot 50% van die mieliemeel met hominy chop vervang word.  Voeg 5kg/ton ammoniumchloried/sulfaat by om nierstene te voorkom.

Geskryf deur: Ulrich Muller, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (utm@mweb.co.za)

17 April 2013


Kommentaar

Een kommentaar op “Verskille tussen bran, mielies en hominy chop

  1. johan
    johan

    ek wil graag weet , hoekom se party mense 50% chop en 50% mielies in die mengsel om skape in n voerkraal af te rond en wil weet wat is di verskil tussen n 100% mielie mengsel vergelykend met n 100% chop mengsel wat mens in n gebalanseerde rantsoen gebruik in terme van die rumen ph ? maw vergelyk di rumen ph met n vol mielie mengsel teen oor n vol chop mengsel?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X