Dierevoeding

Verpilling van lusernkuilvoer

Vraag

Is dit moontlik om lusernkuilvoer te verpil en nog steeds die kwaliteit te behou? Kan die kuilvoer met ander produkte gemeng word bv. gemaalde mielies en SS 200 en dan saam te verpil? Die rede is om vermorsing te verminder en vir beter voer gebruik.

Antwoord

Ongelukkig sal dit nie moontlik wees om lusernkuilvoer te verpil nie.  Die vog is veels te hoog.  My voorstel is dat u liewer die lusernkuilvoer in ‘n voermengsel gebruik.

Hiermee ‘n voorbeeld van ‘n voerkraalmengsel vir lammers.

Voermol SS 200                      200kg

Voermol Procon 33                     50kg

Mieliegruis                                 700kg

Lusernkuilvoer                           300kg

Hooi                                          100kg

1 350kg

 

Die droë materiaal van die mengsel is sowat 77% en die verwagte inname sowat 2.0kg/lam/dag gemiddeld oor die voerperiode.

Geskryf deur: Ulrich Müller, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (Ulrich.Muller@tongaat.com)

6 Mei 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X