Dierevoeding

Verhoog wins van skaapboerdery

Vraag

Hoe kan wins uit skaapboerdery verhoog word sonder om nog grond by te koop?

Antwoord

Een van die maniere om die wins uit skaapboerdery te verhoog sonder om horisontaal uit te brei deur meer grond by te koop, is om die doeltreffendheid van skaapboerdery te verbeter. Lees meer hieroor in die aangehegte artikel.

 ‘n Tweede manier om die winsgewendheid van skaapboerdery te verhoog, is om vertikaal uit te brei deur lammers kruipvoeding te gee en dan vroeër te speen sodra hulle 25 kg weeg. Alle lammers wat vir die slagmark geoormerk is, kan dan met speen in ‘n voerkraal afgerond of aan ‘n voerkraal verkoop word. Hierdie stelsel maak dit moontlik om meer ooie aan te hou omdat die lammers dan vroeër van die veld of weiding onttrek word, is daar meer kos beskikbaar. Lees meer oor kruipvoeding en voerkraalafronding op hulp.landbou.com.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
4 Februarie 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X