Dierevoeding

Sojaboonsifsels vir dragtige ooie

Vraag

Ek het swojaboon-sifsels en klein pittjies wat ek vir dragtige ooie wil voer, kan ek melassemeel byvoeg om die stof te verminder en energie by te sit? En hoeveel hiervan moet ek per dag vir hulle gee? Die onkruid morning-glory saad in die sifsels sal dit enige effek op die diere he?

Antwoord

:  Ja, u kan sojaboonsifsels met klein pitjies in ‘n lek vir dragtige ooie voer.  Sojabone bevat te min deurvloeiproteïene vir dragtige en lakterende ooie en daarom moet dit met ‘n konsentraat vermeng word.

Sover bekend, het morning-glory saad nie ‘n nadelige effek op diere nie.

Meng die volgende produksielek vir laat dragtige en lakterende ooie:

Sojaboonsifsels 100 kg

Mieliemeel 150 kg

Voermol Maxiwolkonsentraat 200 kg

Sout 50 kg

Gee die produksielek op goeie veld vir laat dragtige ooie teen 200-300g/ooi/dag en vir lakterende ooie teen 300-500g/ooi/dag.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

1 Oktober 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Sojaboonsifsels vir dragtige ooie

  1. Jan
    Jan

    Ek het dieselfde soya newe produk gebruik op my Boerbok ooie. Om eerlik te wees het n 90% soya boon met 10% Molasses briljant gewerk teen 300g per ooi per dag.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X