Dierevoeding

Sojaboondoppies as veevoer

Vraag

Ons kan sojaboondoppies vrylik beskikbaar kry in Polokwane. Ons meng dit met water en gee di tvir die perde. Dit is om die waarde van die gras te verbeter. My vraag is: kan ‘n mens die doppies vir Dorperskape ook gee? Sal dit nadelig wees vi rskape? Die skape kry reeds ‘n byvoeding van mielies, melasse, voerkalk en lusern. Die skape loop deur die dag op die gewone veld.

Antwoord

Ja, u kan sojaboondoppies vir skape voer.  Soos met enige graanneweproduk, is daar groot variasie in die samestelling.  Indien die sojaboondoppies uit ongeveer 50% graan bestaan, kan u 200-300g/skaap/dag van die doppies voer.

Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

20 Oktober 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X