Dierevoeding

Sitrusskille as veevoer

Vraag

Kan nat uitgedrukte nartjie-, lemoen- en suurlemoenskille vir skape gevoer word? Hoeveel? En wanneer? Hul kry tans een maal per dag lusern en een keer per dag Voermolpille en hul loop heel dag op natuurlike weiding.

Antwoord

Lemoenskille kan nie net so gevoer word nie.  Skille kan dalk vassit in die slukderm, opblaas veroorsaak wat dodelik mag wees. Dit is beslis ‘n probleem by beeste, maar by skape moontlik nie.  Skape vreet nie so gulsig nie.

Verder is vars lemoenskille hoog in vog (70 – 80%) wat die inname by veral skape beperk.  Vars lemoenskille het sowat driekwart die energiewaarde van mielies, op droë materiaal basis.

Teen hierdie agtergrond stel ek voor dat 50kg mieliemeel met hoogstens 250kg vars lemoenskille in ‘n volledige voer vervang word.

Geskryf deur:

Ulrich Müller

Tegniese Bestuurder

Pr.Sci.Nat:  400044/08

Sel:  +27 (0) 83 414 5928

Web:  www.voermol.co.za

ulrich.muller@tongaat.com

 

31 Mei 2015

 

Lees ook ander antwoorde oor sitrus:

 

hulp.landbou.com

Klik op Indeks van antwoorde

Klik op Beeste of Skape

Klik op Voeding

Klik op Sitrus


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X