Dierevoeding

Sitrus in veevoer

Vraag

Kan sitrus (meer spesifiek lemoene) wat gespeen word van die boom agv insekskade verwerk word vir veevoer? Die lemoene is reeds verkleur. Kan dit bv gekerf, gedroog word en dan saam lusern in pille verwerk word?

Antwoord

Ja, sitrusprodukte word redelik algemeen in veevoere gebruik. Uit my ervaring werk dit goed saam met TMR diëte of kan ingekuil word saam met grane of kleingrane.

Om dit te droog, is ook `n opsie.

Betreffende die voedingswaarde daarvan; dit dien merendeels as `n suikeraanvulling (energie en vesel), voorsien goed in minerale en vitamiene. Laasgenoemde sal egter heelwat afneem in die gedroogde produk. Die proteїenwaarde daarvan is swak.

So `n produk het smaaklikheidseienskappe en diere moet “geleer” word om dit te vreet. Uit my ervaring, as hulle dit eers gewoond is, dien dit as `n goeie smaakmiddel.

Geskryf deur: Geskryf deur: dr. Francois van de Vyver, Nasionale tegniese bestuurder, Voermol Voere (Francois.VandeVyfer@tongaat.com)

17 Maart 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X