Dierevoeding

Rou sojabone as skaapvoer

Vraag

Graag wil ek verneem hoe giftig rou sojabone is wat bokke optel wanneer hulle die sojabale vreet? Ons het onlangs 'n jaar oue boerbokram gehad wat gevrek het en slegs simptome soos sukkelende asemhaling en koors van 34.6 grade Celsius gehad het voor hy gevrek het. Ons het ongelukkig nie ‘n nadoodse ondersoek laat doen nie......Die bokke vreet al sowat 3 maande die sojabale. Hulle kry ook pille 3 maal per dag omrede ons met sowat 300 bokke boer op 25ha.

Antwoord

Rou sojabone is nie giftig nie, maar soos in die geval van grane, kan ‘n oormaat aanleiding gee tot spysverteringsteurnisse.  ‘n Oormaat sojabone kan aanleiding gee tot nitraatvergiftiging, maar dit is onwaarskynlik dat dit die probleem in u geval is.  Die rou sojaboon is hoog in ruproteïen (ongeveer 36 %),  maar dit het sekere beperkinge in die vorm van anti-voedingsfaktore soos bv. tripsien- en chemotripsieninhibeerders en ‘n laag verteerbare aminosuurprofiel.  Dit veroorsaak dat lammerooie op sojareste dik en taai biesmelk het, min melk produseer en gevolglik groei lammers swak.  Prosessering van sojabone hef die anti-voedingsfaktore op en ontsluit die voedingspotensiaal, maar resteweiding  kan nie geprosesseer word nie en daarom moet die regte lekaanvulling gegee word om die beperkinge te oorkom.

Ureum moet nie in lekke en rantsoene ingesluit word waar rou sojabone gebruik word nie.  Die urease aktiwiteit in die rou sojabone veroorsaak dat ureum vinnig na ammoniak omskakel en dit kan aanleiding tot ureumvergiftiging gee.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

25 Julie 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X