Dierevoeding

Registrasie van produkte vir dierevoeding en prys van hominy chop

Vraag

Waar moet ek ‘n mielieafvalproduk registreer as ek dit wil verkoop as byvoeding? Wat kos iets soos hominy chop nou ongeveer?

Antwoord

Roumateriale kan geregistreer word by die Departement van Landbou in Pretoria. Alle roumateriale wat in veevoere gebruik word (wat ook geregistreer word volgens Wet 36 van 1947) moet geregistreer word en ‘n V-nommer word daaraan toegeken.

Hieronder die kontakbesonderhede  van die Departement van Landbou.

Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels. No. 36 van 1947.

Fertilizers, Farm Feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act, 1947 (Act No. 36 of 1947)

http://www.nda.agric.za/doaDev/sideMenu/ActNo36_1947/Act%2036%20of%201947.pdf

Registrateur: Wet No. 36 of 1947

Mnr. J. Mudzunga
Tel.: 012 319 7303
Faks: 012 319 6764
MalutaM@nda.agric.za

Posadres
Privaatsak X343
Pretoria
0001

Fisiese adres
Passage LA-ff-05
Beatrix Street No. 20, Arcadia
Pretoria, 0001

Hominy chop se prys is gewoonlik so 75% van die mieilieprys, maar fluktueer in pas met die wisselende mielieprys.

Geskryf deur:  Zeno Bester, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (zeno.bester@tongaat.com)

5 Oktober 2012


Kommentaar

Een kommentaar op “Registrasie van produkte vir dierevoeding en prys van hominy chop

  1. louis lombaard
    louis lombaard

    Dankie mnr Bester. Hoe gaan ek te werk om my voer te regestreer.Ek meng reeds geregesreerde produkte en verkoop op ons plaaslike vendusie en ek was aangese om te regesreer en V nommers te kry maar niemand kan my se waar nie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X