Dierevoeding

Rape en radyse as veevoer

Vraag

Ek soek asb. raad/wenke oor hoe 'n land rape die beste benut kan word vir beweiding deur skape. Die plante se blare is mooi geil, maar die knolle is nog redelik klein. Hoe sal beweiding die knolvorming en groei affekteer? Blare wat afgevreet word, groei blykbaar weer? Is dit wenslik dat die skape net vir 'n beperkte tyd per dag die rape bewei? Is daar risiko's waarteen gewaak moet word, bv. opblaas? In die verlede het ek die rape uitgehaal en as groenvoer gegee.

Antwoord

Deur rape uit te haal en te voer, word die minste materiaal vermors, maar dit is arbeidsintensief.  Rape kan met groot sukses deur skape bewei word en op die ou end bly daar net uitgevrete “wit bakkies” op die land agter. Die beste stadium van beweiding is net na knolvorming volledig plaasgevind het, want dit gaan gepaard met die hoogste opbrengs en dus drakrag van die gewas.  Die drakrag kan verhoog word deur skape net vir ongeveer 3 uur per dag te laat wei en vir die res van die tyd op spaarveld te laat loop.  Voermol Molovite is spesiaal ontwikkel as lek op groenvoere en voer teen ongeveer 300g per ooi per dag.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

Verdere inligting : prof. C.S. Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za) en A. Ngoasheng

In ‘n snyproef, in die Pretoria omgewing, het ons gekyk na herhaaldelike ontblaring versus eenmalige ontblaring van Nooitgedacht Japanese radyse. Drie plantdatums is gebruik. Eerste snysels (blare) is 10, 14 en 18 weke na plantdatum gedoen en daarna elke 4de week (sien datums in tabel). Blare is 3 tot 5 cm bo die knol gesny. Tydens die laaste snysels (wanneer blomme begin vorm het) is die knolle ook uitgehaal.

In die Februarie planting het herhaaldelike ontblaring die hoogste blaar- en knolproduksie gehad. Vir die Maart aanplanting het die latere ontblarings die hoogste produseer. Vir die April aanplanting het 4 weeklikse ontblaring hoër blaarproduksie tot gevolg gehad, terwyl die eenmalige oes van blare en knolle die hoogste knolproduksie tot gevolg gehad het.

Plant

Snydatums (Blare)

Blare (kg/ha)

Knol    (kg/ha)

Totaal (kg/ha)

 

 

 

1 Feb

27 April                  (1ste sny:10 w)**

25 Mei (hergroei)

22 Jun (hergroei)

4930

967

5897

23 Mei                       (1ste sny:14 w)

22 Jun (hergroei)

4430

800

5240

22 Jun (1ste sny:18 w)

3200

968

4171

 

 

14   Mrt

23 Mei                (1ste sny:10 w)

22 Jun(hergroei)

20 Jul (hergroei)

2470

370

2840

22 Jun                      (1ste sny:14 w)

 20 Jul   (hergroei)

2770

900

4600

20 Jul               (1ste sny:18 w)

3200

1500

4700

 

16 Apl

22 Jun                (1ste sny:10 w)

20 Jul   (hergroei)

20 Aug (hergroei)

2400

333

2733

20 Jul                      (1ste sny:14 w)

 20 Aug   (hergroei)

4370

700

5070

20 Aug               (1ste sny:18 w)

1370

1367

2740

** Eerste sny gedoen 10, 14 of 18 weke na plant

31 Julie 2015


Kommentaar

Een kommentaar op “Rape en radyse as veevoer

  1. Louis
    Louis

    Praat julle van nat of droe materiaal.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X