Dierevoeding

Pynappelblare en –reste as ruvoer en energiebron in rantsoen

Vraag

Ons boer met pynappels in Levubu en aangesien weiding in die winter skraps is, wil ons graag pynappelblare (droog) in ‘n rantsoen vir beeste gebruik. Kan u my asb. help met ‘n rantsoensamestelling. Groete, James van Heerden. Levubu.

Antwoord

Gedroogde pynappelblare het dieselfde voedingswaarde as hooi van redelike gehalte en pynappelreste is ‘n redelike energiebron, maar hoog in vog. 

Gebruik die pynappelblare dus as ‘n ruvoer.  Gee diere vrye toegang tot die pynappelblare en vul die tekorte aan m.b.v. ‘n lek soos Voermol Premix 450. 

Vir lakterende koeie en/of jong groeiende diere kan van die pynappelreste as addisionele energieaanvulling gevoer word teen 3 tot 5kg/dag. 

Geskryf deur:  Ulrich Muller, Tegniese Bestuurder Voermol (utm@mweb.co.za)

9 Augustus 2012


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X