Dierevoeding

Vra 'n vraag

Voermol

Voermol se span tegniese bestuurders het meer as 65 jaar ondervinding in dierevoeding- en boerdery-spesifieke bestuurspraktyke om winsgewendheid te verseker en oplossings te vind vir probleme met veeboerdery op elke plaas.

  • Riglyne vir skaapboerdery op aangeplante weiding

    Ek boer tussen Brits en Rustenburg en wil graag my skaapboerdery groter maak, maar het beperkte weiding. Wil graag uitvind of ek my skape op aangeplante weiding onder besproeiing kan laat wei en lam en die lammers saam met die ooie te laat loop tot slaggewig? Sal dit winsgewend wees en watse gras plant ek? Ek boer op die oomblik met swartkop dorpers. Kan ek hulle kruis met ’n vleisras en watse ras sal jy aanbeveel? Moet ek byvoeding by…
    • Mielies as byvoeding vir beeste

      Ek het Herefordbeeste as 'n sytakboerdery in die Namakwaland. Ek wil mielies aankoop om as aanvulling te dien. Ek het 'n hamermeul, genoeg lusern, hawer en kaf. Wat sal die beste wyse wees om mielies by te voeg, indien nodig?
      • Skape met lang onderbekke

        Van tyd tot tyd kry ek dit dat van my ramme wat ek in die stal het en lank voer vir skoue en veilings begin om oor te byt (lang onderbek). Ramme kry volvoer met tef ad lib. 1.Wat veroorsaak dit? 2.Hoe kan dit voorkom word? 3.Kan dit herstel as ram op weiding loop? 4.Is die probleem oorerflik?
        • Voermengsel vir beeste

          Ek het Herefordbeeste as `n sytakboerdery in die Namakwaland. Ek wil mielies aankoop om as aanvulling te dien. Ek het 'n hamermeul, genoeg lusern, hawer en kaf. Wat sal die beste wyse wees om mielies by te voeg indien nodig? mharmsen@nashuaisp.co.za
          • Kruiphokke vir kalwers

            Ek wil my kalwers in die veld afsonderlik kruipvoeding gee. Ek het reeds 'n kamp gespan, maar wil nou hekke maak sodat slegs die kalwers van dagoud tot 300 kg toegang tot kruipvoeding het. Ek wil graag weet wat die grootte van die spasies van die hek moet wees, sodat koeie nie kan in gaan nie.
            • Intensiewe skaapboerdery om verliese te voorkom

              Weens probleme met diefstal en roofdiere is skaapboerdery op die tradisionele manier nie meer lewensvatbaar in ons omgewing nie. Ek ondersoek die moontlikheid van 'n intensiewe skaapboerdery, waar skape op stoor gehou en gevoer word. Watter voer sal die mees gepaste wees en hoeveel kilogram per dag sal 'n onderhoudsrantsoen per ooi/dragtige ooi/ooi met lam wees? Kan u moontlik enige probleme uitwys met so 'n stelsel?
              • Brood as voeding vir skape

                Ek wil graag weet of droë witbrood as byvoeding aan skape gevoer kan word? Indien nie, waarom nie? Dankie, Francois Marais.
                • Poeiermelk vir babas as melkvervanger vir hanslammers

                  Kan 'n mens gewone poeiermelk gebruik vir die grootmaak van hanslammers? Melk soos dié wat jy in 'n supermark koop en aanmaak met water. Ek het 'n produk van Nestlé gesien wat volroom poeiermelk is en wat jy dan aanmaak en oor jou pap kan gebruik. Soos ek dit het is dit gewone melkpoeier net in poeiervorm. U hulp word baie waardeer. Die probleem is dat ek nie vars melk het of melkvervanger kon kry wat spesifiek gemaak is vir…
                  • Probleme met kalweraanvangsmeel

                    Verbeter asseblief vir my die volgende na aanleiding van 'n kundige wat beweer ons moet melkmeel insluit in 'n kalfaanvangsmeel om te gee vanaf 1 maand tot so 4 maande. Die huidige aanvangsmeel is: 50 kg geel mieliemeel (grof gemaal) + 20 kg katoenoliekoekmeel + 10 kg melkmeel (melkvervanger) + 15 kg lusernmeel + 5 kg Voermol Procon. Hoekom bly kalwers klein met 'n groot pens maar die res van die lyf vertoon maer? Tog kry hulle baie meel. Dankie,…
                    • Kruiphokke vir lammers

                      Is daar straks êrens 'n stel afmetings vir die maak van 'n kruipvoerder vir skaaplammers? Dalk net noem dat dit Damaralammers is en dié is mos maar skraal van lyf! Wil die lammers bietjie woema gee met lam- en ooipille. Dankie. André, Bon Accord LH (Pretoria)

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X