Dierevoeding

Oorwintering van speenkalwers op oesreste

Vraag

Ek boer tans op die Ho?veld en as gevolg van die lae speenkalfprys wat tans ondervind word, wil ek graag by u hoor of 'n mens kalwers op oesreste kan oorwinter? Wat moet ek addisioneel byvoeg om hulle liggaamskondisie konstant te hou en as dit kan, gewig te laat optel?

Antwoord

Speenkalwers kan met welslae op mielie-oesreste oorwinter word indien daar voldoende mieliepitte tussen die oesreste is en hulle ‘n produksielek gevoer word. Meng Voermol Landelek in gelyke dele met mieliemeel (of klein pitjies/stropergruis) as ‘n goeie gehalte produksielek en voer dit teen 1.5 – 2 kg van die mengsel/kalf/dag op mieliereste. Die kalwers sal in massa toeneem solank daar voldoende mieliepitte tussen die oesreste is. Indien die pitte min raak, moet die kalwers na ‘n vars blok afgeoeste mielies geskuif word om hulle te laat aanhou groei. Die halfgevrete land kan dan verder bewei word met diere wat ‘n laer voedingsbehoefte het. Die kalwers word dus vooruit bewei (voorkeurbeweiding) gevolg deur "sweepers" (dit is diere met ‘n laer voedingsbehoefte). 

Vir meer inligting klik op die volgende skakels.
 
 
 
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
22 April 2012

Kommentaar

Een kommentaar op “Oorwintering van speenkalwers op oesreste

  1. Mare
    Mare

    Sal premix 450 ook werk vir die speenkalwers op reste?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X