Dierevoeding

Onsmaaklikheid van Maxiwol voerkorrels

Vraag

Ek het 'n maand gelede vir my boerbokooie begin Maxiwolkorrels voer, maar hulle stel glad nie belang om dit te eet nie. Die korrels het baie growwe korrels sout in en na ek daaraan geproe het kon ek verstaan hoekom. Dit is erg souterig. Is dit normaal vir die korrels om soveel sout in te hê of is daar dalk 'n ander rede dat hulle dit nie wil eet nie?

Antwoord

Voermol voeg sowat 12% sout by die korrels.  Dit is om die voer daarvan prakties moontlik te maak.  Die sout veroorsaak dat dominante diere nie te gulsig vreet nie en sodoende ander diere  ook ‘n kans  gee om hul regmatige deel te vreet.

‘n Verdere rede vir die sout is om te veroorsaak dat diere klein hoeveelhede meer gereeld per dag vreet.  Die aanbevole inname van die Maxiwol Produksiekorrels is tussen 150g/skaap/dag vir onderhoud tot 500g/dag vir lakterende ooie.

Geskryf deur: Ulrich Müller, Tegniese bestuurder Voermol Voere (Ulrich.Muller@tongaat.com)

22 April 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X