Dierevoeding

Mielies met hominy chop vervang in ‘n volvoerrantsoen vir ramme

Vraag

Kan ek die mielies in 'n volvoerrantsoen vir stoetramme met hominy chop vervang?

Antwoord

Mielies kan met hominy chop vervang word, mits die hominy chop meer as 8 % vet bevat. Sommige hominy chop-bronne is baie hoog in fosfor wat die risiko vir blaasstene by ramme verhoog. Dit is altyd ‘n goeie opsie om die hominy chop in ‘n voedingslaboratorium vir proteïen, kalsium, fosfor, vet en vesel te laat ontleed om jou te vergewis van die gehalte daarvan. Indien hominy chop in ramme se rantsoene ingesluit word, moet ‘n proteïenkonsentraat wat hoog in ammoniumsoute, soos Voermol SS 200, daarmee saamgebruik word om blaassteenvorming te beperk. Hominy chop is ook geneig om die rantsoen baie lywig en stowwerig te maak en daarom moet Voermol Melassemeel ook in die rantsoen ingesluit word om die stof te demp en dit meer smaaklik te maak. Die volgende volledige rantsoen kan vir stoetramme gebruik word: 200 kg gemaalde lusern (25 mm) + 425 kg hominy chop + 200 kg Voermol SS 200 + 100 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel. Dit is egter ‘n goeie opsie om slegs die helfte van die gemaalde mielies met hominy chop te vervang. 

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
7 Junie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X