Dierevoeding

Mielies, lusern en mieliereste in ‘n rantsoen vir speenlammers

Vraag

Ek het toegang tot geelmielies, lusern en gebaalde mieliereste. In watter verhouding kan ek 'n goeie voermengsel maak van die drie produkte vir die voer van speenlammers en hoeveel van die rantsoen moet ek voer per liggaamsmassa van die lam? Dankie.

Antwoord

Gebruik die volgende afrondingsmengsel:

mieliemeel 600 kg

lusern 100 kg,

mieliereste 50 kg,

Voermol SS200 200kg

Voermol Procon33 50 kg

Die lusern en mieliereste moet met ‘n sifgrootte van 25 mm gemaal wees.  Voer ten minste twee maal per dag vars voer en pas die lammers gelykmatig oor 14 dae aan.  Nadat die lammers aangepas is, behoort hulle ongeveer 4.2 % van hul liggaamsmassa daagliks te vreet.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

4 Mei 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X