Dierevoeding

Mielies en sojabone as prikkel- en onderhoudsvoeding vir skape

Vraag

Ek wil graag uitvind of 2/3 mielies en 1/3 sojabone ‘n voldoende prikkelvoer vir ooie is en as onderhoudsvoer gebruik kan word? Is daar enige risiko daaraan verbonde?

Antwoord

Die voer van skoon mielies is ‘n risiko omdat dit suurpens kan veroorsaak.  Om hierdie risiko te beperk, maak sjokolademielies deur 200 kg heel mielies met 25 kg Voermol Korn Kandy en 3 kg voerkalk te meng.  Gee ongeveer 150 – 200g sjokolademielies en 150 – 200g sojabone per ooi per dag as prikkel- of onderhoudsvoer.  Voldoende hoeveelhede weiding en/of ruvoer moet te alle tye beskikbaar wees.

Geskryf deur : Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mwe.co.za)

27 Julie 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X