Dierevoeding

Lammers op 3 dae speen en ooie weer laat paar

Vraag

As ek my lammers op 3 dae speen en hulle dan verder met die hand grootmaak, sal my ooie binne 'n maand weer vat sodat ek twee lammers in een jaar kry?

Antwoord

Teoreties is dit moontlik, maar in die praktyk is dit baie moeilik indien nie onmoontlik nie om twee lamseisoene per jaar ingepas te kry. Ooie se baarmoeder neem tot 30 dae en selfs langer om na lam te herstel voordat sy weer gepaar kan word. Verder is dit baie duur om lammers kunsmatig op melksurrogate groot te maak. Om die kostes te beperk, moet hulle vanaf sewe dae ouderdom ‘n baie hoë gehalte kruipvoer (18 tot 20 % proteïen) ad lib. gevoer word. Die lammers sal ongeveer 15 kg melksurrogaat en 30 kg kruipvoer tot speen inneem. 

Daar is egter beter, makliker en goedkoper maniere om twee lammers per ooi per jaar te kry. Daar is reeds produsente wat met een lamseisoen per jaar 180 lammers van 100 ooie speen. Volgens Hunt (2010) is daar verskeie strategiese en praktiese riglyne wat skaapprodusente kan volg om ‘n hoë lampersentasie volgende lamseisoen te verseker (sien aangehegte artikel vir meer inligting). ‘n Versnelde lamstelsel (lam elke agt of elke 7.2 maande) kan ook gevolg word om twee en selfs meer lammers per ooi per jaar te kry.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
7 Junie 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X