Dierevoeding

Kwaliteit van opgebergde voer

Vraag

Hoe lank kan voer geberg word en wat is die effek van berging op voerkwaliteit? Bv. hoe vergelyk die berging van lusernbale met kuilvoer en met ‘n verpilde produk?

Antwoord

Daar is gevalle aangeteken waar mieliekuilvoer in ‘n kuilvoerbunker vir 12 jaar lank sonder enige verlies aan kwaliteit opgeberg is.

Die voorwaarde is dat die kuilvoer op die regte vogstadium (± 65 % vog) gesny is, regte kerflengte, goed vasgetrap en goed verseël is om lug en reënwater uit te sluit.

Lusernhooi wat goed droog en onder dak opgeberg word, behou ook baie goed kwaliteit en kan vir etlike jare bewaar word.

Die rakleeftyd van voerpille word tot ‘n groot mate deur die samestelling van die pil bepaal.  Sekere oliekoekmele en energiebronne veroorsaak dat die kwaliteit van die voerpil afneem en die algemene riglyn is dat die kwaliteit vir ten minste ses maande goed is.

Lusernpille sal vir langer periodes goeie kwaliteit behou, mits dit goed droog en onderdak opgeberg word.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

16 Maart 2016

 


Kommentaar

Een kommentaar op “Kwaliteit van opgebergde voer

  1. Ronnie
    Ronnie

    Naand

    Wil graag weet tydperk wat jy mielies vir duiwe kan stoor
    bv 2016 gekoop sal dit nog 2017 genoeg krag he so 12 maande

    Groete Ronnie boks.venter@gmail.com


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X