Dierevoeding

Kuilvoer van indringerbos

Vraag

Met die huidige droogte is daar nie genoeg gras om ons beeste deur die winter te bring nie. Ons het wel genoeg indringerbos in die noorde van Namibië en masjienerie om bosvoer of selfs kuilvoer te maak. Inligting hieromtrent is baie skaars op die net, maar op die oog af lyk dit moontlik om kuilvoer van die verskillende Acacia spesies te maak, mits die gekerfde biomassa eers met gepaste middels (melasse, urea) behandel word. Wat is u mening hieroor en waar kan ek verdere inligting verkry?

Antwoord

Dit is moontlik om blare van indringerbosse in te kuil mits die materiaal goed gekompakteer kan word en voldoende suiker en melksuur bakterieë beskikbaar is. Ek dink dat suiker beperkend sal wees en dat dit moeilik sal wees om die materiaal te kompakteer indien daar ook takke by is.

Ek sou 2% molasse byvoeg op die indringerbosmateriaal en eers  op klein skaal in ‘n 210 liter drom probeer kuilvoer maak. Sit ‘n plastieksak in die drom en trap die materiaal met voete vas, knoop die sak en plaas ‘n plaveisteen bo-op.

Die kans  om indringerplante suksesvol in te kuilvoer is laag.

Oorweeg dit om materiaal af te sny  en dan molasse daaroor te spuit en kyk of diere dit nie direk wil benut nie.

Geskryf deur: prof. Robin Meeske, Spesialis Wetenskaplike, Outeniqua Navorsingsplaas, George (robinm@elsenburg.com) www.elsenburg.com

22 April 2013


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X