Dierevoeding

Kruipvoer vir lammers (2)

Vraag

Lammerooie loop op groen weiding (rog) en 10% wieke plus ad lib lusern en mieliereste (50% elk). Is kruipvoer nodig vir lammers? Lammers is ongeveer 4 weke oud.

Antwoord

Die gebruik van kruipvoer is nie onder alle boerderyomstandighede ekonomies geregverdig nie.  In ekstensiewe produksiestelsels waar met hamels geboer word en waar jongooie eers op 18 maande ouderdom gedek word, is die gebruik van kruipvoer nie koste-effektief nie. Hulpbronsamestelling van die plaas bepaal tot ‘n baie groot mate watter produksiestelsel (of kombinasie van stelsels) gevolg word.  In ekstensiewe stelsels is die fokus op risikobeperking, lae insette en lae kostes.

In slaglamproduksiestelsels waar lammers so gou moontlik bemark moet word, is die gebruik van kruipvoer koste-effektief, ook op goeie gehalte aangeplante weiding soos in u geval.   ‘n Groot voordeel van kruipvoer is dat lammers reeds op 60 dae ouderdom gespeen kan word en die ooie wat op daardie stadium ondoeltreffende voerbenutters is, kan na veld verskuif om plek te maak vir lammers.  Lammers is baie doeltreffende voerbenutters (hoe jonger hoe beter) en die samestelling van die kruipvoer is belangrik om goeie resultate te verseker. 

Voermol Superlamkorrels word met groot sukses as kruipvoer gebruik.  Produsente wat oor grondstowwe beskik, kan die volgende kruipvoermengsel gebruik:   

 520 kg mieliemeel

 150 kg Voermol SS200 (V8592)

 150 kg Procon 33 (V12701)

 80 kg Voermol Melassemeel  en

 100 kg goeie gehalte lusernhooi (10mm sif gemaal).  Waar lusernhooi  nie beskikbaar is nie, kan dit met mieliemeel vervang word.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere  (hendrikvp@mweb.co.za)

25 April 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X