Kruipvoer vir inheemse bokke
Vraag
Ek wil graag navraag doen oor die voer van inheemse bokke (Kaapse skilderbokke). Ek het 'n klein kudde, my doel is om vleis te verkoop. Ek wil egter nie hê die bokke moet heeldag op kraal staan en lewe van voer nie, aangesien ek juis die bokke aangekoop het vir hulle gehardheid en aangepastheid op die veld. My vraag is egter, ek gee tans Maxiwol lekmengsel, en dan gee ons ook vars gesnyde lusern elke laat middag, na die bokke heeldag uit was op die veld. Ek sal graag wil hoor wat kan ek gee as kruipvoer? Ek het ook nou 'n stuk Eragrostis curvula aangeplant sowel as Smutsvinger, borseltjie, en 'n stukkie Pearl Millet. Ons woon in Alldays in Limpopo. Ons het heelwat doringbome ook waaraan hulle graag vreet.Antwoord
Gee die volgende kruipvoermengsel vir bokke:
Bestanddeel |
kg |
Mieliemeel |
600 |
Lusern |
100 |
Voermol SS200 |
150 |
Voermol Procon33 |
150 |
TOTAAL |
1000 |
Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)
23 September 2016
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans