Karkasvet verkleuring van geel na wit
Vraag
Ek koop nou en dan 'n paar koeie (maer, medium en vet) wat in die veld gestaan het en wat ek vir 'n beperkte tyd in 'n voerkraal sit om afgerond te word vir beter bouvorm en dat die geel vet verander na wit vet. Hoe lank neem dit gemiddeld vir geel vet om na wit vet te verander op 'n rantsoen wat bestaan uit mielie kuilvoer, chop/wit mielies, strooi en brood.Antwoord
Die karkasvet van herkouers verkleur van wit na skakerings van geel as gevolg van die karetenoïed pigmente in groen weidings. Indien beeste dus in ‘n voerkraal gevoer word met tipiese voerkraal rantsoene en ruvoer, sal geel pigment in die vetweefsel gemetaboliseer word en daarna weer ligter geel tot wit verkleur. Navorsing aan die Universiteit van Pretoria dui daarop dat die verweefsel van beeste binne 3 tot 4 weke verkleur, maar die tempo waarteen die weefsel verkleur van die ouderdom, fisiologiese groeistadium, geslag en voedingspeil van die beeste af hang.
Geskryf deur:
Prof Edward C. Webb, PhD(Pret.)
Pr.Sci.Nat.(Anim.Sci.)
Deputy Dean: Research & Postgraduate Education
Professor of Production Animal Physiology & Meat Science
Faculty of Natural & Agricultural Sciences
University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Tel. 012-420 3271
29 Mei 2018
Lewer kommentaar
Slegs in Afrikaans