Dierevoeding

Hominy chop as voer

Vraag

Wat is hominy chop en hoe word dit in voermengsels gebruik?

Antwoord

Hominy chop is ‘n byproduk van die mieliemeelindustrie en is ‘n mengsel van die mieliepit se semel (“husk”) en die mieliekiem. Omdat die mieliepit se stysel/endosperm gedeelte verwyder is (dit word gebruik om mieliemeel vir menslike gebruik te vervaardig), is die styselwaarde sowat  20% laer as by mieliemeel. Die  vet- en proteïenwaarde is egter hoër by chop as by mieliemeel sodat die totale energieinhoud van hominy chop ooreenstem met die van mieliemeel.

Hominy chop word algemeen as dierevoer gebruik, maar die kwaliteit van die produk varieer baie. Goeie kwaliteit chop se vetinhoud is rondom 10% op DM (droë materiaal)  basis. By suiwelrantsoene word tot 50% van die graankomponent met hominy chop vervang en sommige voerkrale maak slegs van hominy chop gebruik afhangende van die prys. Dit is egter belangrik dat die boer die produk eers by sy veevoerverskaffer laat ontleed voor gebruik en dan die advies van ‘n voedingkundige inwin om die rantsoen te balanseer volgens die dier se behoeftes en die samestelling van die roumateriale.

Geskryf deur: Zeno Bester, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (Zeno.Bester@tongaat.com)

4 September 2012


Kommentaar

Kommentaar (3) “Hominy chop as voer

  1. martin
    martin

    waar kan ek 25kg sakke geelmieliemeel vir menslike gebruik op grootmaat koop in die weskaap. ek praat van 1ton plus?

  2. Ludwig
    Ludwig

    Wat is die gemiddelde prys waarvoor dit verkoop word?Waar moet ek registreer om hominy chop te mag verkoop?

  3. Ilse
    Ilse

    I have up to 60 ton chop per week available to sell. Please contact me for further information
    My cell 072 031 3660, 082 793 8229

    Thank you

    Ilse


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X