Dierevoeding

Hoeveelheid lusern en gras wat Dorperooie vreet

Vraag

Hoeveel Dorperooie kan ek met 1 baal lusern wat ±26kg weeg, voer per dag? Dit is ou ooie wat ek net bietjie wil vet maak en verkoop. Hoeveel kilogram gras vreet 'n Dorperskaap per dag?

Antwoord

Weiding-en voerinname word deur verskeie faktore bepaal soos o.a. produksiestadium van die dier, grootte (massa) van die dier, klimaat, weidingkwaliteit, groeistadium van die weiding en smaaklikheid van die weiding.

Die riglyn vir die daaglikse gras (droog) inname van ‘n droë Dorperooi is ongeveer 2 % van haar liggaamsmassa.  Goeie gehalte blaarryke lusernhooi is baie smaaklik en ‘n Dorperooi sal ongeveer 3.5 % van haar liggaamsmassa per dag vreet.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

12 Oktober 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X