Dierevoeding

Hoeveelheid kruipvoer wat ‘n lam vreet

Vraag

Gestel ‘n lam ( Dorperlam / Boerboklam ) het toegang tot goeie kwaliteit gepilde kruipvoer vanaf twee weke oud tot twee maande oud. Argumentsonthalwe het die lam nie toegang tot enige weiding nie, maar kry genoeg melk. Hoeveel kruipvoer sou so 'n lam gemiddeld in die tydperk vreet?

Antwoord

Kruipvoerinname word o.a. deur melkproduksie van die ooi en weidingkwaliteit- en beskikbaarheid vir die lam bepaal.

Melkproduksie word bepaal deur die weiding, die byvoeding wat die ooi ontvang (of ‘n volledig gebalanseerde laktasierantsoen), haar genetiese vermoë en ouderdom.  Dit is algemeen bekend dat jong ooie minder melk produseer as volwasse ooie.

‘n Lam (en ‘n kalf) se voorkeur is melk, dan goeie kwaliteit weiding wat hy saam met sy ma vreet en dan kruipvoer.  ‘n Lam vreet aanvanklik min kruipvoer en dit neem toe soos die ooi se melkproduksie afneem.

In die geval waar geen weiding vir die lam beskikbaar is nie, behoort die lam aanvanklik daagliks 0.04 – 0.07 % van sy liggaamsmassa te vreet en dit neem toe tot 1.8 – 2.8 % van liggaamsmassa op ongeveer twee maande ouderdom.

Die algemene riglyn is dat ‘n lam 20 – 25 kg kruipvoer tot speen vreet.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tegniese bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za)

4 Maart 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X