Dierevoeding

Hoeveel droë gras vreet Dorper per dag?

Vraag

Wat is die gemiddelde m/2 se droë gras (smutsvinger/oulandsgras) wat ‘n wit Dorper vreet per dag? Aannames: Grond en gras is optimaal bemes Tipiese hoeveld reenval seisoen (30km oos Vn Pretoria by Bapsfontein). Geen besproeiing. Weidingtyd: 10hoo vm tot 17hoo na middag Snags voorgeskrewe byvoeding in kraal. Nota: ek probeer ’n aanduiding kry v. hoeveel Dorpers/hektaar moontlik is?

Antwoord

Die opbrengspotensiaal van Smutsvinger/Oulandsgras in u area is ongeveer 6 ton/ha.  In goeie reënjare wat goed oor die groeiseisoen versprei is, kan die opbrengs so hoog soos 8 ton/ha wees.  Vir beplanningsdoeleindes is my aanname soos volg:

  • Opbrengs van weiding:  6 ton/ha.  Hierdie produksie vind plaas in ongeveer 5 maande in die somer.
  • Weidinginname van een kleinvee-eenheid (KVE) wat 50 kg weeg  is ongeveer 550 kg per jaar, d.w.s. 1.5 kg/dag.
  • 90 % van die skaap se inname is vanaf die weiding en 10 % is saans in die vorm van byvoeding in die kraal.

Die drakrag vir 5 maande in die somer sal in die orde van 25-30 KVE/ha wees. In terme van ooie met lammers is dit 15-20 ooie/ha vir die 5 maande.

* Geskryf deur Hendrik van Pletzen, Tegniese Bestuurder, Voermol, 083456363

 


Kommentaar

Kommentaar (4) “Hoeveel droë gras vreet Dorper per dag?

  1. Jehsi
    Jehsi

    Hi daar
    Ek groet julle uit n sidderende koue Namibia vanuit die Schlip area in die die Rehoboth distrik. Ek het laas jaar begin boer met boerbokke ongeveer ses kilometer van Schlip, op n huurbasis. Die plasie is maar tweehonderd hektaar en die grensdrade is die sogenaamde kamp van die plasie. Ek maak gebruik van n meerpaarstelsel genaamd die 1234-paarstelsel omdat ek die ramme nie op kraal kan hou nie. Die kudde is in twee groepe verdeel om my beplande getal van tweehonderd en vyftig vinnig te bereik en om die boerdery dan vertikal uit te brei.
    Die lammers gee ek vanaf twee weke n ram, lam en ooikorrel van Voermeester. Vir die ooie gee ek Veldafrondkorrels so vanaf ses weke voor lam. In die winter soos nou, gee ek die kudde Ekograsveldlek en as ons die bietjie reen kry n p6 aanvulling. Ek het baie ideale bv. eie grond, voerkrale op kleinskaal in Namibie en nog meer. Is ek op die regte pad? Ek wil alles uit hierdie Klein boerdery moontlik maak. Adviseer Asb tog!

    By voorbaat
    Dank

  2. Andre Nel
    Andre Nel

    Hendrik,Ek boer in die Klerksdorp area.Min of meer dieselfde toestande as persoon by Bapsfontein.Hoeveel boerbokke sal ek kan aanhou per hektaar om die jaar deur te sien.Wat beveel jy aan as byvoeding en hoeveel per bok?

  3. Janbez

    Hendrik van Pletzen antwoord as volg:

    Antwoord aan Jehsi:
    ‘n Goeie aanduiding of jy op die regte pad is, is om vas te stel wat jou speenpersentasie is. Die plaas se weidinghulpbronne bepaal tot ‘n groot mate wat die potensiaal is. Boerbokke beskik oor ‘n hoë reproduksievermoë en ‘n realistiese doelwit is dat 70 % van die ooie meerlinge moet lam en dat jy van elke ooi in die trop, 1.5 tot 1.6 lammers per lamseisoen moet speen.

    Antwoord aan Andre Nel.
    Soos reeds genoem, groei die weiding vir ongeveer 5 maande van die jaar in die somerreënvalgebied. Hooi moet dus gemaak word vir die maande wanneer geen groei plaasvind nie en die beraamde drakrag van bv. Smutvingergras is 8 tot 12 bokke/ha/jaar. Gee die volgende mengsel een maand voor die bokke begin lam en vir die eerste twee maande van laktasie: 150kg Voermol Maxiwolkonsentraat (V4985), 50 kg Voermol Procon33 (V12701), 250kg mieliemeel en 50kg sout. Gee 350-500g/ooi/dag.

    Groete
    Hendrik van Pletzen

  4. SFS span
    SFS span

    Gaan kyk gerus na SFS se webblad :www.sproutfeedingsystems.co.za.Ons het reeds n paar van die Fabrieke in Namibia en die manne daar kry baie goeie resultate.Lam gewigs toename van 140-160g per dag.Beskou die asb nie as n advertensie nie maar hulp wat ons aanbied vir boere in Namibia en SA.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X