Dierevoeding

Heel mielieplant plus lusern as deel van voerkraalrantsoen vir beeste en kalwers

Vraag

Ek het lusern en mielies. Kan ek die hele plant deur die hamermeule gooi, met kop en al, en dit dan as 'n voer met SB100 gebruik?

Antwoord

Die volgende volledige voerkraalrantsoen kan gebruik word om kalwers en beeste in ‘n voerkraal af te rond: 

            200 kg gemaalde hele mielieplant
             50 kg gemaalde lusern
            450 kg gemaalde mielies
            150 kg Voermol SB 100
             50 kg Voermol Procon
            900 kg TOTAAL
 
Die diere moet stadig en geleidelik oor ‘n 10 dae periode aangepas word om suurpens, laminitis, opblaas en vrektes te voorkom. Sorg dat daar voldoende vreetspasie is sodat al die diere gelyktydig kan vreet. Voer tydens die aanpassingsperiode ongemaalde lusernhooi ad lib. eenkant by. Na die aanpassingsperiode word die lusernbyvoeding gestaak. Voer elke dag se voer in minstens twee tot drie porsies (bv. oggend, middag en laatmiddag).
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.co.za)
 
9 April 2012

Kommentaar

Een kommentaar op “Heel mielieplant plus lusern as deel van voerkraalrantsoen vir beeste en kalwers

  1. Thys
    Thys

    Geagte dr. Jasper

    Ek het nie soos die bogenoemde boer lusern nie, maar wel tef en oulandsgras hooi. Hoe sal dit die samestelling van die voermengsel verander?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X