Dierevoeding

Groen mielieplante as droogtevoeding

Vraag

Ons is woonagtig naby Brits in Noordwes op 'n 40 hektaar plasie en boer met ongeveer 200 Meatmaster skape. Ons weiding is tot niet met die droogte. Ons voer die skape 'n mengsel van gemaalde sojareste, hawer en lusern. Ons gee hulle 1 keer per dag gemaalde geel mielies gemeng met Ekonolek van Voermol (afgemete hoeveelheid). Daar is nou boere in ons omgewing wat groen mielies pluk en ek wil weet of ek die mielieplant vir die skape kan gee? Watter invloed sal dit hê en wat moet ek saam gee bv. lek en moet ek weer die skape ent teen bloednier al het ek die skape in Augustus vir bloednier geënt?

Antwoord

Ja, u kan mielieplante waarvan groenmielies gepluk is, vir skape voer.  Die plantmateriaal moet fyn gekerf word (kuilvoerkerwer werk die beste) om vermorsing te voorkom.  Mielieplante waarvan groenmielies gepluk is, is redelik nat met ‘n voginhoud van 65 – 70 %.  Om uitdroging en  vermorsing te voorkom, moet skape ten minste tweemaal per dag vars voer ontvang.  Die alternatief is om die mielieplante in te kuil met die normale inkuilprosedure.  U kan voortgaan met die Ekonolek en mieliebyvoeding of die alternatief is Voermol Supermol teen ongeveer 300g per skaap per dag.  Dit word aanbeveel om ‘n skraagdosis bloednier in te ent.

Geskryf deur: Hendrik van Pletzen, Tenniese Bestuurder, Voermol Voere (hendrikvp@mweb.co.za) en dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

5 Januarie 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X