Dierevoeding

Groeitempo van Merinolammers

Vraag

Ons boer met Merino-wolskape in die Overberg. Ons gee kruipvoer vanaf twee weke ouderdom tot 90 dae ouderdom. Daarna voer ons mielies en SS200 as byvoeding. Die gespeende lammers wei op aangeplante lusern. Ons beplande verkoopouderdom is 8 maande, wanneer hulle vir die eerste keer geskeer word. Ons wil die lammers maandeliks weeg om seker te maak hulle groei korrek. Wat is die gemiddelde gewig wat ons kan verwag elke maand per lam?

Antwoord

Indien Merino-ooie aangeplante lusernweiding bewei en hulle ‘n Maxiwollek (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) ontvang sodat hulle voldoende melk produseer en die lammers die regte kruipvoermengsel (150 kg Voermol SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 550 kg fyngemaalde mielies + 40 kg Voermol Melassemeel) ad lib. ontvang, behoort die lammers voor speen 300 tot 350 g/lam/dag te groei. Om die inname van die kruipvoer aan te moedig, kan 75 kg fyngemaalde lusern (± 10 mm) baie deeglik met die aanbevole kruipvoermengsel gemeng word. Die lammers moet verkieslik nie voor 25 kg gespeen word nie. Na speen moet die volgende mengsel  ad lib. aan die gespeende lammers op die lusernweiding gevoer word: 100 kg gemaalde lusern (deur 25 mm sif gemaal) + 525 kg fyngemaalde mielies + 200 kg Voermol SS 200 + 100 kg Voermol Procon + 80 kg Voermol Melassemeel. Indien hierdie mengsel ad lib. vir die gespeende lammers op die lusernweiding gevoer word, behoort die lammers ongeveer 280 tot 300 g/lam/dag te groei. Heel mielies moenie vir die lammers gevoer word nie. Die groeitempo van die lammers is grootliks afhanklik van die genetiese groeipotensiaal van die lammers asook die gehalte van die lusernweiding. Wanneer die lusernstand yl is of volwasse (in die blom is) sal die groei van die lammers swakker wees as wanneer dit ‘n digte stand, aktief-groeiende blaarryke weiding is. Die doelwit moet wees om die lammers reeds voor ses maande ouderdom slagmassa te laat bereik.

 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
6 Junie 2011

Kommentaar

Een kommentaar op “Groeitempo van Merinolammers

  1. jacques adriaan muller
    jacques adriaan muller

    interesante onderwerp wat ek nou hier lees,maar ek het ook nog n vraag.Ek het iewers gelees hoe langer die lammertjies aan hul ma suig hoe beter die groei van die lammertjies,is dit waar? en hoeveel maande omtrent.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X